Bylae D

Die nuwe wêreldorde

 

A. Eenwêreldstaat of politieke orde

è “There is no longer a question of whether or not there will be world government by the year 2000.” (S.H. Mendlovitz, direkteur ‘World Order Models Project’, 1975).

è “We shall have world government, whether or not we like it. The question is only whether world government will be achieved by consent or by conquest.” (J.P. Warburg, CFR lid, 1950).

è “Out of these troubled times, our fifth objective – a new world order – can emerge ... “ (George Bush, 11 September 1990).

è “As soon as democracy is in place in South Africa, the New World Order will be ushered in ... countries that are not political or economic leaders of the world, such as South Africa, have to position themselves accordingly, within that World Order that will ultimately eventuate.” (R.F. Botha).

Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:1-3).

“...daar is glad niks nuuts onder die son nie. Is daar iets waarvan ‘n mens kan sê: Kyk hier, dit is nuut? Dit was lankal daar in die ou tyd wat voor ons gewees het.” (Pred. 1:9,10).

Die idee van ‘n nuwe wêreldorde is eintlik ‘n baie ou gedagte. Behalwe dat dit geensins nuut is nie, is daar ook weinig sprake van enige orde in hierdie droom.In hierdie nuwe wêreldorde is die klem nie op orde nie, maar wel op die nuwe. Ons weet goed wat ware orde, soos in die Woord van God uiteengesit, vir die mens inhou. Dit is ‘n orde wat deur God die Skepper ingestel is om harmonie tussen Homself en die mens daar te stel. As die regte orde tussen God en mens gehandhaaf word, is ware vrede en geluk die vrug daarvan. Die woord nuwe beteken nie noodwendig beter nie, maar heel dikwels beteken dit bloot net anders. In hierdie verband is ‘n nuwe wêreldorde eerder ‘n ander orde wat die vorige een moet vervang. Dit sal op totaal ander beginsels geskoei word as die eerste en die vrug daarvan sal ook geheel en al anders smaak.

Die toring van Babel word herbou in ons dag. Alles is net op ‘n veel groter skaal.

Tans vind ons dat die volgende organisasies hulle beywer vir ‘n amptelike eenwêreldregering op aarde:

B. Eenwêreld ekonomiese sisteem

è “Money plays the largest part in determining the course of history” – Karl Marx

è “He who controls the money of a nation controls the nation.” – President James Garfield

è “Permit me to issue and control the money of a nation, and I care not who makes its laws.” – Mayer Amschel Rothschild

“ ... die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.” (1 Tim. 6:10).

“KOM nou, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom. Julle rykdom is bedorwe, en julle klere is deur die motte verniel. Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en sal soos ‘n vuur julle vlees verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.” (Jak. 5:1-3).

In die tyd waarin ons leef, is daar talle duidelike en onweerlegbare tekens wat daarop wys dat die wêreld ook op ekonomiese gebied die eindfase betree het. So is daar byvoorbeeld die vinnig eskalerende wêreldskuld van feitlik elke land op aarde; die samesmelting van banke wêreldwyd; banke se nimmereindigende aanbod om geld uit te leen aan elkeen wat oor een of ander vorm van inkomste beskik; die wêreldwye probleem met deflasie en inflasie; die ongekende vordering en ontwikkeling van die tegnologie m.b.t. die elektroniese bankwese en nog baie meer. Sonder twyfel is ons geslag ook die eerste in die geskiedenis van die mensdom wat op die punt staan om oor te beweeg na ‘n eenwêreldgeldstelsel. Die huidige tegnologiese deurbrake maak dit moontlik en ook wenslik. Tegnologie is opsigself geensins boos nie, maar een geldstelsel vir die ganse wêreld kan ontaard in ‘n diktatoriale wêreldstaat.

Die groot woord wat hier ter sprake kom, is beheer en nogmaals beheer. Die ekonomieë van elke nasie op aarde moet beheer word ten einde uiteindelik die nuwe wêreldorde gevestig te kan kry.

In 2 Thess. 2:7 sê die Woord van die Here vir ons: “Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk ... ” Hierdie gedeelte spreek van die voorbereiding wat tans op elke terrein van die samelewing in volle swang is om die pad te baan vir die nuwe wêreldorde met sy nuwe ekonomiese sisteem. Die Skrif praat ook in 1Joh. 4:3 van “die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.”

Tans vind ons dat die volgende organisasies hulle beywer vir eenwêreld ekonomiese sisteem:

  • World Trade Organization (geaffilieer by die VN)

  • Europese Monetêre Unie

  • Wêreld Bank

  • Internasionale Monetêre Fonds

C. Eenwêreldkerk

è “It is entirely possible that the Anglican Church could disappear to make way for a united world church.” (George Carey, Aartsbiskop van Canterbury – Church of England Newspaper, 3 Mei 1991).

è “Religions are now headed toward what may eventually form a United Religions Organization (URO), structured in much the same way as the United Nations and sharing the same goals.” (The Futurist, Sept./Okt. 1994).

è “ ... traditional religions have an ethical obligation to cease to exist.” “Any form of ... church conservatism is to be rejected ... To put it bluntly: No regressive or repressive religion – whether Christian, Islamic, Jewish ... has a long term future.” (Hans Kung – Rooms-Katolieke Teoloog, Universalis en UNESCO – afgevaardigde).

è “Five billion of us humans must prepare to die to 20th century ways of thinking and being ... ” (Gerald Barney – Uitvoerende Direkteur, ‘Millenium Institute’).

Die nuwe wêreldorde, wat vandag baie vinnig ‘n werklikheid word, sou nooit kon slaag as dit bloot op politieke en ekonomiese strukture gebou word nie. ‘n Essensiële en onlosmaaklike deel van so ‘n nuwe orde, sou verseker die godsdienstige sy daarvan wees. Die mens is so geskape dat hy ‘n versugting het na een of ander opperwese en daarom speel ‘n nuwe eenwêreld godsdiens so ‘n kardinale rol in die oprigting en totstandkoming van die nuwe wêreldorde. Eintlik is godsdiens die wese van die nuwe wêreldorde, maar hier bedoel ons nie ‘n godsdiens waar die almagtige God van hemel en aarde aanbid word nie. Nee, hier praat ons van ‘n algemene wêreldgodsdiens waar die god van hierdie wêreld (2 Kor. 4:4) aanbid sal word. Dit mag totaal onwerklik klink, maar dit is presies wat die Woord van God voorspel vir die laaste dae. Ons lees in Open. 13:3,4 “En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aangegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid ...” Die Woord sê vir ons baie duidelik wie hierdie draak is in Open. 12:9, waar daar staan: “En die groot draak ... die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, ...”

Tans vind ons dat die volgende organisasies hulle beywer vir ‘n eenwêreldgodsdiens:

  • Rooms-Katolieke Kerk

  • Wêreldraad van Kerke (reik nou ook uit na ander godsdienste)

  • United Religions (amptelik op die been gebring in San Francisco in 1997)

  • Wêreld Parlement van Godsdienste (laaste byeenkoms was in Kaapstad in Desember 1999)

Verenigde Nasies meditasie kamer (hulle eie ghuru, Sri Chinmoy, lei gesamentlike aanbidding)

Hierdie dokument moet asseblief aan soveel mense moontlik versprei word.

Hoofkeuselys | Bylae C