Bylae C

  

‘n Vals eenwêreldbybel?

  

In die nagemaakte ‘nuwe era’ wat net om die draai is, sal daar net een wêreldgodsdiens kan wees. Alle gelowe en godsdienste sal opgeneem moet word in een algemene wêreldgodsdiens. Om hierdie diaboliese plan deurgevoer te kry, sal daar ook net een algemene ‘heilige’ geskrif of dan bybel moet wees wat al die verskillende gelowe sal kan saamsnoer. Die beste uit al die verskillende gelowe se ‘heilige’ boeke sal dan as basis dien vir hierdie nuwe eenwêreldbybel. Die Christelike geloof moet nie dink dat daar enige simpatie na hulle kant sal kom met die daarstelling van hierdie nuwe boek nie. Die kernwoord hier is kompromie en nogmaals kompromie.

Hier volg ‘n aantal aanhalings van uitgesproke ‘New Agers’ en aanhangers van die komende nuwe wêreldorde, waarin hulle hulle baie duidelik en ondubbelsinnig beywer vir so ‘n eenwêreldbybel.

The Divine Plan will ... be given out to mankind in the form of a Spiritual World Teaching ... As concepts of the (New Age) world religion are scientifically validated, learned, and spread about, present religions will begin to make changes and evolve into centres for the world religion. From all the archaelogical archives ... and the illuminations of modern science and discovery ... would develop a new ‘Bible’ of a world religion which will be the basis of future education.” – Humanity Comes of Age, Vera Alder.

Little by little, a planetary prayer book is being composed by an increasingly united humanity seeking its oneness.” – The New Genesis, Robert Muller. Muller is ‘n voormalige Assistent Sekretaris- Generaal van die Verenigde Nasies.

If you cleave only to the exact wording of a holy book which was released as a guide for times past ... you will not be growing in the way God wishes. Your interpretation of all holy books must be expanded ... Some insist the Bible is a final work ... To these ideas I say a resounding ‘No’ ...” – New Teachings for an Awakening Humanity, Virginia Essene. ‘n Beter titel vir hierdie boek sou gewees het, ‘Old Teachings for a Sleeping Humanity’.

I “Why should not Christians be glad to learn what God has wrought through Buddha and Zoroaster – through the sages of China and the prophets of India and the prophets of Islam?“ – Charles C. Bonney in ‘n toespraak voor die Wêreldparlement van Godsdienste (1993).

I “If the final planetary synthesis of the Eastern and Western spiritual traditions is to be realised, Eastern mysticism must be incorporated into traditional Christianity.” – The Meaning of Christ for our Age, Peter Roche de Coppens.

In sy boek, The New Age Secret Plan for World Conquest, skryf Salem Kirban, ‘n Christen navorser en skrywer wat die ‘New Age’ beweging al vir die laaste dertig jaar bestudeer, o.a. die volgende oor hierdie onderwerp:

I “New Age leaders are already making plans for a New Age Bible.” Hy gaan voort en sê “The New Age Bible will have a New Age Christ and his 12-person Spiritual Cabinet. It will contain the teachings of various mystics, Rosicrucians, Buddhist, and Hindu philosophies. It will encourage man to believe he is a god.” Dit klink alles redelik ongelooflik, maar is deel van die misleiding van die laaste dae. Die vraag sal nou dadelik gevra word – maar hoe sal godsdienstige kerkmense by so ‘n nuwe bybel betrek kan word sonder dat hulle dit teenstaan?

Die antwoord is eenvoudig – deur misleiding en ‘n totale gebrek aan kennis. Die meeste sal nie eers weet dat hulle die nuwe bybel gebruik nie. In die tyd van groot afval waarin ons ons vandag bevind, hier aan die einde van die twintigste eeu en in die doodsnikke van die 6de millenium, is die verblindheid van die massas (baie Christene ingesluit) so groot dat die leuen van die Satan net nie meer onderskei kan word van die waarheid nie.

WORLD SCRIPTURE IS HIER!

Op 15 Januarie 1997 is World Scripture op die Internet geplaas. Hierdie geskrif is reeds in 1991 voltooi deur Dr. Andrew Wilson. World Scripture beslaan 928 bladsye en bestaan uit 4 000 passasies. Dit is saamgevoeg uit 268 ‘heilige’ geskrifte en 55 mondelingse oorleweringe. Al die groot godsdienste van die wêreld sowel as die primitiewe godsdienste word hierdeur verteenwoordig. Nie net dit nie, ook al die ‘nuwe’ godsdienste is in die boek geïnkorporeer (dit sluit sekerlik die ‘New Age’ beweging in). Die passasies is in 165 verskillende onderwerpe geklassifiseer wat gemeenskaplik is aan al die verskillende godsdiensste van die wêreld.

‘World Scripture’ het sy menslike ontstaan te danke aan ‘Reverend Sun Myung Moon’, leier van die ‘Moonies.’ Dit is hy wat Dr. Andrew Wilson reeds in 1985 gevra het om hierdie geskrif saam te stel. Eintlik het daar meer as veertig ‘geleerdes’ en godsdiensleiers meegewerk aan hierdie meesterstuk van die verleier van die mens. Soos verlede keer gesê is, word elke godsdienstige tradisie onder die son hierin verteenwoordig. Sun Myong Moon, die inisieerder hiervan, is self ‘n interessante karakter. Hy glo dat hy die ‘Messias’ is wat weer sou kom. Hy het gesê dat die ‘Messias’ in 1920 gebore is. Is dit toeval dat dit juis die jaar is waarin hy gebore is?

As ons nou kortliks na die inhoud van die 21 hoofstukke van ‘World Scripture’ gaan kyk, sal ons gou sien watter god hier aanbid word.

Redelik vroeg, nog in die inleiding, vind ons die ‘Invocation’ – ‘n New Age gebed tot ‘n panteïstiese god. Dan ook die proloog met die opskrif ‘Many Paths to One Goal.’ Dit is basies waaroor alles gaan. Verder ook ‘n oproep tot verdraagsaamheid en respek teenoor alle ‘gelowiges.’

In hoofstuk 1 word daar gepraat van ‘The One.’ Interessant is dat baie van die nuwe Bybelvertalings ook in sommige teksgedeeltes hierdie term gebruik in die plek van Here of Christus. God word verder voorgestel as ‘Formless, Emptiness, Mystery.’ Die mens is egter gemaak na die beeld van God. Ons is tog nie vormloos nie, al is ons soms leeg. Dan is daar ‘n bespreking oor die ‘Divine Father and Mother.’ Hoef ons meer te sê.

Hoofstuk 2 gaan o.a. oor interafhanklikheid.

Hoofstuk 5 praat van die ‘Lord of Spirits.’ Ons weet teen die tyd wie hy is. Ook is hier ‘n deel oor die skepping wat verheug is. Die ‘ekoteoloë’ sal dit waardeer. Die wat die Here ken sal egter van beter weet.

Hoofstuk 10 raak aan ‘Universal Salvation.’ Die breë pad waarvan ons vroeër melding gemaak het. Net hulle wat op die nou pad is word hiervan uitgesluit. Ook oor ‘Enlightenment’ en vrede. Hierdie mense smag so na die “Lig van die wêreld.” – na Jesus.

Hoofstuk 12 gaan oor verantwoordelikheid en predestinasie. Ook oor ‘Karma’ en sonde.

Hoofstuk 16 praat oor ‘The Name of God.’ Hierdie god het baie name. Noem ‘n naam en dit sal god wees. Verder ook oor meditasie en rituele. So reg uit die Ooste.

Hoofstuk 18 gaan o.a. oor afsondering van die wêreld. Hierdie hele boek is egter juis ontwerp deur “die god van hierdie wêreld” (2 Kor. 4:4). ‘n Mens sou dus kon sê dat dit redelik wêrelds is.

Hoofstuk 21 gaan oor die eindgebeure. Die koms van die ‘Messias’ word behandel. Let wel, hierdie is ‘n totaal ander ‘Messias’ – die Woord van God noem hom die Antichris! (1 Joh. 2:18).

(World Scripture – A Comparative Anthology of Sacred Texts, Dr. Andrew Wilson, UnitedCommunities of Spirit, 1991).

Hoofkeuselys | Terug na Bylae B | Voort na Bylae D