Deel 3

 

Die WOORD aan die woord

 

Wat sê die Skrif aangaande die Woord van God?

 

Die Skrif alleen kan die Skrif verklaar

 

  1. Die Woord is suiwer en volmaak

Ä“Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. U, o HERE, sal hulle bewaar;” (Ps. 12:7, 8).

Ä“Elke woord van God is gelouter;” (Spr. 30:5).

Let wel, God sal sy woorde self bewaar.

 

  1. DIE WOORD IS EWIG

Ä“Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.” (Ps. 119:89).

Ä“Die gras verdor, die blom verwelk; maar die woord van onse God hou stand in ewigheid.” (Jes. 40:8).

Ä“Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie.” (Matt. 24:35).

Ä“Die gras verdor en sy blom val af, maar die woord van die Here bly tot in ewigheid. En dit is die woord wat aan julle verkondig is.” (1 Pet. 1:24, 25).

 

  1. God se raad (Sy Woord) bly van geslag tot geslag

Ä“Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.” (Ps. 33:11).

 

Waar kom die argumente dan vandaan dat God nie in staat was om sy Woord volmaak te bewaar tot vandag toe nie? Buitendien, Jesus Christus is die Woord en Hy bly volmaak – tot in ewigheid!

 

  1. CHRISTUS – DIE WOORD

Ä“In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. ... En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon” (Joh. 1:1, 14).

Ä“Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;” (1 Joh. 5:7).

Ä“En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.” (Open. 19:13).

 

Hoe absoluut aangrypend is dit nie.

 

  1. Alles is geskape deur die Woord

Ä“En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.” (Gen. 1:3).

Ä“Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.” (Ps. 33:6).

Ä“ ... en die Woord was God. Hy was in die begin by God. En alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.” (Joh. 1:1-3).

Ä“ ... God wat alles geskape het deur Jesus Christus,” (Efes. 3:9).

 

Alles is deur God se Woord geskape en Jesus Christus is self daardie vleesgeworde Woord (Joh. 1:14).Geloof in enige vorm van evolusie is dus totale ongeloof in die bestaan van God en die Woord (Christus).

 

  1. Die hele Woord is die waarheid

Ä“Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.” (Ps. 119:160).

Ä“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.” (Joh. 17:17).

Ä“Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Joh. 14:6).

 

  1. Die ganse Woord is deur God geïnspireer

Ä“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Tim. 3:16, 17).

Ä“En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee ... want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.” (2 Pet. 1:19, 21).

 

  1. Die Woord bring skeiding tussen goed en kwaad

Ä“Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.” (Heb. 4:12).

 

  1. Die Woord is soos ‘n vuur en ‘n hamer

Ä“Is my woord nie so, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?” (Jer. 23:29).

 

  1. Die Woord gee lig

Ä“U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” (Ps. 119:105).

Ä“Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.” (Ps. 119:130).

 

  1. Alleen die Woord bewerk geloof

Ä“Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” (Rom. 10:17).

 

Daar bestaan geen ander ware geloof as hierdie nie.

 

  1. Die wedergeboorte (ewige lewe) is deur die Woord

Ä“want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.” (1 Pet. 1:23).

 

Waarshuwings oor die Woord van God

 

In die Bybel is daar egter ook ‘n aantal baie ernstige waarskuwings oor hierdie Goddelike Boek. Dit sal ons baie goed geval om dit ter harte te neem. Die ewige lewe is hier op die spel.

 

A. ‘SLIM’ MENSE TORRING AAN GOD SE WOORD

Ä“Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?” (Jer. 8:9). Later meer hieroor.

Ä“Aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan. Ek het die profete nie gestuur nie, ... julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God.” (Jer. 23:20, 21, 36).

 

B. WEGLAAT VAN EN BYVOEG BY DIE WOORD

Ä“Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie; en julle mag daar niks van weglaat nie;” (Deut. 4:2).

Ä“Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie.” (Spr. 30:6).

Ä“Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is. (Open. 22:18, 19).

 

Die ganse Ou en Nuwe Testament is natuurlik ook tesame die Woord van God, want ons weet dat “die Skrif nie gebreek kan word nie.” (Joh. 10:35).

 

C. DIE WOORD IS IN GEVAAR

Ä“Die saad is die woord van God. ... Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hulle harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie.” (Luk. 8:11, 12).

Ä“Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek ‘n honger in die land stuur, nie ‘n honger na brood nie en nie ‘n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor. En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.” (Amos 8:11,12).

 

Hierdie is ‘n profesie vir die eindtyd en sulke dae is vinnig besig om ons in te haal. Ons sal weldra sien wat hiermee bedoel word.

Hoofkeuselys | Miskonsepsies en wanperspektiewe | Die Sataniese aanslag teen die Woord van God